2004-Drienasiesreeks

2004-Drienasies
Datums 17 Julie - 21 Augustus
Kampioen Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (2 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 26 (4.33 per wedstryd)
Bywoning 313 029 (52 172 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Percy Montgomery (45)
Meeste drieë Vlag van Australië Lote Tuqiri
Vlag van Suid-Afrika Jean de Villiers
Vlag van Suid-Afrika Marius Joubert (3 elk)
2003
2005

Die 2004-Drienasiesreeks was die negende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 17 Julie tot 21 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die tweede keer gewen. Buitendien het hulle die eerste Vryheidsbeker ingepalm, terwyl Nieu-Seeland die Bledisloebeker verdedig het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search