2005-Drienasiesreeks

2005-Drienasies
Datums 30 Julie - 3 September
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (6 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 26 (4.33 per wedstryd)
Bywoning 299 205 (49 868 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Percy Montgomery (52)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Bryan Habana
Vlag van Nieu-Seeland Doug Howlett (3)
Vlag van Nieu-Seeland Joe Rokocoko (3 elk)
2004
2006

Die 2005-Drienasiesreeks was die tiende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 30 Julie tot 3 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die sesde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search