2006-Drienasiesreeks

2006-Drienasies
Datums 8 Julie - 9 September
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (7 titels)
Wedstryde gespeel 9
Drieë gedruk 42 (4.67 per wedstryd)
Bywoning 397 431 (44 159 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter (99)
Meeste drieë Vlag van Australië Lote Tuqiri
Vlag van Suid-Afrika Fourie du Preez
Vlag van Suid-Afrika Jaque Fourie (3 elk)
2005
2007

Die 2006-Drienasiesreeks was die elfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 8 Julie tot 9 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die sewende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en vir die eerste keer die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Lote Tuqiri van Australië, asook Fourie du Preez en Jaque Fourie van Suid-Afrika het elk drie drieë gedruk.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search