2008-Drienasiesreeks

2008-Drienasies
Datums 5 Julie - 13 September
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (9 titels)
Wedstryde gespeel 9
Drieë gedruk 43 (4.78 per wedstryd)
Bywoning 435 789 (48 421 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter (82)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Jongi Nokwe (4)
2007
2009

Die 2008-Drienasiesreeks was die 13de keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 5 Julie tot 13 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die negende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Jongi Nokwe van Suid-Afrika het die meeste drieë gedruk (4).

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search