2009-Drienasiesreeks

2009-Drienasies
Datums 18 Julie - 19 September
Kampioen Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (3 titels)
Wedstryde gespeel 9
Drieë gedruk 27 (3 per wedstryd)
Bywoning 390 227 (43 359 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Morné Steyn (95)
Meeste drieë Vlag van Australië Matt Giteau (3)
2008
2010

Die 2009-Drienasiesreeks was die 14de keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 18 Julie tot 19 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die derde keer gewen. Buitendien het hulle sowel die Mandela Uitdaagplaat as die Vryheidsbeker gewen, terwyl Nieu-Seeland met die Bledisloebeker weggestap het. Morné Steyn van Suid-Afrika het die meeste punte (met die stewel) aangeteken. Matt Giteau van Australië het die meeste drieë gedruk.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search