2010-Drienasiesreeks

2010-Drienasies
Datums 10 Julie - 11 September
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (10 titels)
Wedstryde gespeel 9
Drieë gedruk 52 (5.78 per wedstryd)
Bywoning 442 629 (49 181 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Morné Steyn (77)
Meeste drieë Vlag van Australië James O’Connor
Vlag van Nieu-Seeland Mils Muliaina (4 elk)
2009
2011

Die 2010-Drienasiesreeks was die vyftiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 10 Julie tot 11 September 2010 gespeel. Die lande se spanne is onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die tiende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search