2010 TK7

2010 TK7   

Die asteroïede 2010 TK7 (in groen sirkel) afgeneem deur die Wide-field Infrared Survey Explorer.
Ontdekking
Kleinplaneet-kategorie Aarde-trojaan
Wentelbaaneienskappe[1]
Afelium 1,1910871 AE
Perihelium 0,809410 AE
Halwe lengteas 1,0002487 AE
Wentelperiode 365,3932 d. (1,0003921 jr.
Gem. anomalie 251,4032°
Baanhelling 20,8823°
Lengteligging van stygende nodus 96,5283°
Periheliumhoek 45.8527°
Fisiese eienskappe
Afmetings ~300 m[2]
Skynmagnitude 20,8 (wanneer naby Aarde) tot 23,6
Absolute magnitude 20,8[1]

2010 TK7 is die eerste Aarde-trojaan wat ontdek is; die asteroïde lê voor die Aarde in sy wentelbaan om die Son.[3][4] Trojane kan die beste beskryf word as ’n voorwerp by ’n Lagrange-punt (’n stabiele ligging waar swaartekrag en middelpuntvliedende kragte mekaar balanseer) 60 grade voor of agter ’n groot wentelende liggaam, in ’n soort 1:1-verhouding van wentelperiodes. Sulke voorwerpe is vroeër ontdek in die wentelbane van Mars, Jupiter, Neptunus en die Saturnus-mane Tethis en Dione.

2010 TK7 het ’n deursnee van sowat 300 m.[2] Sy pad wissel om die Son-Aarde se L4-punt (60 grade voor die Aarde), en beweeg elke sowat 400 jaar tussen sy naaste afstand aan die Aarde en sy naaste afstand aan die L3-punt (180 grade van die Aarde af).

Die asteroïde is in Oktober 2010 ontdek deur die NEOWISE-span sterrekundiges met behulp van Nasa se Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE).[5]

  1. 1,0 1,1 "JPL Small-Body Database Browser: 2010 TK7" (2010-10-31 last obs) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2011. Besoek op 17 Augustus 2012.
  2. 2,0 2,1 Choi, Charles Q. (27 Julie 2011). "First Asteroid Companion of Earth Discovered at Last" (in Engels). Space.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 27 Julie 2011.
  3. Connors, Martin; Wiegert, Paul; Veillet, Christian (27 Julie 2011). "Earth's Trojan asteroid". Nature. 475 (7357): 481–483. Bibcode:2011Natur.475..481C. doi:10.1038/nature10233. PMID 21796207. Besoek op 27 Julie 2011.
  4. NASA's WISE Mission Finds First Trojan Asteroid Sharing Earth's Orbit Geargiveer 2 Mei 2017 op Wayback Machine. Nasa.gov. URL besoek op 2011-07-29.
  5. Keys, Sonia (7 Oktober 2010). "MPEC 2010-T45 : 2010 TK7". Minor Planet Electronic Circular (in Engels). IAU Minor Planet Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 31 Julie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search