2011-Drienasiesreeks

2011-Drienasies
Datums 23 Julie - 27 Augustus
Kampioen Vlag van Australië Australië (3 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 26 (4.33 per wedstryd)
Bywoning 281 725 (46 954 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter (35)
Meeste drieë Vlag van Australië Digby Ioane
Vlag van Nieu-Seeland Ma’a Nonu
Vlag van Nieu-Seeland Cory Jane
Vlag van Nieu-Seeland Zac Guildford
Vlag van Suid-Afrika John Smit (2 elk)
2010
2012

Die 2011-Drienasiesreeks was die sestiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 23 Julie tot 27 Augustus 2010 gespeel; korter as in 2010, omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die derde keer gewen. Buitendien het hulle die Mandela Uitdaagplaat ingepalm, terwyl Nieu-Seeland met sowel die Bledisloebeker as die Vryheidsbeker weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search