2012-Rugbykampioenskapreeks

2012-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 18 Augustus - 6 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (11 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 44 (3.67 per wedstryd)
Bywoning 522 120 (43 510 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter (58)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Bryan Habana (7)
2011
2013

Die 2012-Rugbykampioenskapsreeks was die eerste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 18 Augustus tot 6 Oktober 2012 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die elfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan. Dit is van die vorige Drienasiesreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search