2014-Rugbykampioenskapreeks

2014-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 16 Augustus - 4 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (13 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 50 (4.17 per wedstryd)
Bywoning 430 582 (35 882 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Nicolás Sánchez (44)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Julian Savea (4)
2013
2015

Die 2014-Rugbykampioenskapsreeks was die derde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 16 Augustus tot 4 Oktober 2014 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 13de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search