2015-Rugbykampioenskapreeks

2015-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 17 Julie - 8 Augustus
Kampioen Vlag van Australië Australië (4 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 33 (5.5 per wedstryd)
Bywoning 243 416 (40 569 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Handré Pollard (30)
Meeste drieë Vlag van Australië Adam Ashley-Cooper
Vlag van Argentinië Juan Imhoff (3 elk)
2014
2016

Die 2015-Rugbykampioenskapsreeks was die vierde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Julie tot 8 Augustus 2015 gespeel; vroeër en korter as in 2014, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search