2016-Rugbykampioenskapreeks

2016-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 20 Augustus - 8 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (14 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 70 (5.83 per wedstryd)
Bywoning 408 990 (34 083 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Beauden Barrett (81)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Israel Dagg
Vlag van Nieu-Seeland Ben Smith (5 elk)
2015
2017

Die 2016-Rugbykampioenskapsreeks was die vyfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 20 Augustus tot 8 Oktober 2016 gespeel, later as in 2015, omrede die Olimpiese Spele nog plaasgevind het. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 14de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search