2018-Rugbykampioenskapreeks

2018-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 18 Augustus - 6 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (16 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 88 (7.33 per wedstryd)
Bywoning 408 543 (34 045 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Nicolás Sánchez (67)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Beauden Barrett
Vlag van Suid-Afrika Aphiwe Dyantyi
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane (5 elk)
2017
2019

Die 2018-Rugbykampioenskapsreeks was die sewende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het op 18 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika as gasheer vir Argentinië, en agt weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 6 Oktober toe Nieu-Seeland Suid-Afrika besoek het en Australië in Argentinië gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 16de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search