2019-Rugbykampioenskapreeks

2019-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 20 Julie - 10 Augustus
Kampioen Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (4 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 30 (5 per wedstryd)
Bywoning 236 449 (39 408 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Handré Pollard (42)
Meeste drieë Vlag van Australië Reece Hodge
Vlag van Suid-Afrika Herschel Jantjies (3 elk)
2018
2020

Die 2019-Rugbykampioenskapsreeks was die agtste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het op 20 Julie afgeskop met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en geëindig op 10 Augustus; vroeër en korter as in 2018, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Suid-Afrika het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search