2020-Drienasiesreeks

2020-Drienasies
Datums 31 Oktober - 5 Desember
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (17 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 22 (3.67 per wedstryd)
Bywoning 107 279 (17 880 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Nicolás Sánchez (35)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Richie Mo’unga
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane
Vlag van Nieu-Seeland Dane Coles
Vlag van Nieu-Seeland Will Jordan (2 elk)
2019
2021

Die 2020-Drienasiesreeks was die 24ste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Vanweë die werêldwye Covid-19-pandemie het Suid-Afrika dié keer nie aan die toernooi deelgeneem nie, waarvolgens dit na die Drienasiesreeks teruggekeer het. Die toernooi word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Wallabies en die All Blacks.

Nieu-Seeland het die toernooi vir die 17de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm, terwyl Australië met die Poematrofee weggestap het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search