2020 CD3

2020 CD3   
2020 CD3 in kleur.
2020 CD3 in kleur.
Ontdekking [1][2]
Ontdek deur Mount Lemmon-opname
  • Theodore A. Pruyne
  • Kacper W. Wierzchoś [1]
Datum 15 Februarie 2020
Plek van ontdekking Mount Lemmon-sterrewag
Kleinplaneet-benaming2020 CD3
Alternatiewe nameC26FED2 [3][4]
Kleinplaneet-kategorie NAV · Arjuna [5] · Apollo [6]
Tydelik vasgevang [1]
Wentelbaaneienskappe [6]
Epog 1 Maart 2020 (JD 2458909,5)
Afelium 1,0647 AE
Perihelium 0,9860 AE
Halwe lengteas 1,0253 AE
Wentelperiode 1,04 jaar (379,2 dae)
Gem. anomalie 39,719°
Baanhelling 0,8447°
Lengteligging van stygende nodus 138,574°
Periheliumhoek 339,620°
Minimum baankruisingsafstand: Aarde 0,00175554 AE
Fisiese eienskappe
Massa ~4 900 kg (geraam)[7]
Gem. digtheid 2,1±0,7 g/cm3[8]
Rotasieperiode 1 146,8 s of
19,114 min
573,4 s[8]
Spektraaltipe: V[8]
B-V=0,90±0,07[8]
V-R=0,46±0,08
R-I=0,44±0,06
Skynmagnitude 20 (met ontdekking)[2]
Absolute magnitude 31,672±0,340[6]
31.7[2]

2020 CD3 is ’n klein naby-aarde-asteroïde wat gewoonlik om die Son wentel, maar soms as ’n tydelike satelliet in ’n wentelbaan om die Aarde aangetrek word wanneer dit sy naaste afstand aan die Aarde bereik. Dit is op 15 Februarie 2020 by die Mount Lemmon-sterrewag deur die sterrekundiges Theodore Pruyne en Kacper Wierzchoś ontdek as deel van die Mount Lemmon- of Catalina-lugopname. Die Kleinplaneetsentrum het die ontdekking op 25 Februarie 2020 aangekondig nadat daaropvolgende waarnemings sy wentelbaan om die Aarde bevestig het.

Dit is die tweede tydelike satelliet van die Aarde wat in situ ontdek is, ná 2006 RH120 in 2006. Uit sy baan blyk dat 2020 CD3 omstreeks 2016-2017 in ’n wentelbaan om die Aarde aangetrek is en moontlik omstreeks Mei 2020 uit die Aarde se aantrekkingskrag ontsnap het.[5][8] Dit sal in Maart 2044 weer verby die Aarde beweeg, maar sal waarskynlik nie dan deur die Aarde aangetrek word nie vanweë sy groter naderingsafstand.[9][10]

2020 CD3 het ’n absolute magnitude van sowat 32, wat daarop dui dat dit baie klein is. As die vermoede reg is dat dit ’n lae albedo het omdat dit donker is, is sy deursnee sowat 1,9 tot 3,5 m.[11][12] 2020 CD3 word geklassifiseer as ’n Arjuna-asteroïde, ’n subtipe klein Apollo-asteroïde wat wentelbane soos die Aarde s’n het.[5]

  1. 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MPEC-2020-D104
  2. 2,0 2,1 2,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MPC-object
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NEO-Exchange
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PseudoMPEC
  5. 5,0 5,1 5,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Marcos2020
  6. 6,0 6,1 6,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named jpldata
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named CNEOS
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 8,4 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Bolin2020
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NEODyS-CA
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Koren2020
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Byrd2020
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Crane2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search