2021-Rugbykampioenskapreeks

2021-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 14 Augustus - 2 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (18 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 63 (5.25 per wedstryd)
Bywoning 273 692 (22 808 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Handré Pollard (66)
Meeste drieë Vlag van Australië Andrew Kellaway (7)
2020
2022

Die 2021-Rugbykampioenskapsreeks was die negende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks. Suid-Afrika het weer by die toernooi aangesluit ná ’n jaar uit in 2020 weens reisbeperkings van die Suid-Afrikaanse regering en kommer oor spelerswelsyn en veiligheid wat met die wêreldwye Covid-19-pandemie verband hou.[1] Die toernooi het teruggekeer na sy normale vensterperiode van Augustus, wat op 14 Augustus afgeskop en op 2 Oktober geëindig het.

Nieu-Seeland het die toernooi vir die 18de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

  1. (en) "SANZAAR confirm 2020 Tri-Nations Series to kick-off 31 October". Rugby Australia. 16 Oktober 2020. Besoek op 20 Augustus 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search