25ste Dinastie van Egipte

Die 25ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XXV geskryf) word saam met die 21ste tot die 24ste Dinastie beskou as die land se Derde Oorgangstydperk.

Die dinastie se heersers was ’n lyn konings wat in die Nubiese Koninkryk Koesj ontstaan het en Napata as hul spirituele tuisland beskou het. Hulle het van 760 tot 656 v.C. oor ’n deel of die hele Egipte regeer.[1] Die dinastie het begin met Kasjta se verowering van Bo-Egipte, wat gelei het tot ’n paar jaar van onsuksesvolle oorloë teen die Assiriese Ryk. Nadat die Assiriese konings Sargon II en Sanherib pogings van die Nubiese konings afgeweer het om ’n vastrapplek in die Nabye Ooste te kry, het hul opvolgers Esarhaddon en Assurbanipal Egipte binnegeval en die Nibiërs verdryf. Hulle het toe oor Egipte regeer en is opgevolg deur die 26ste Dinastie, die laaste plaaslike dinastie van Egipte voor die Persiese verowering van die land.

  1. Török, László (1998). The Kingdom of Kush: Handbook of the Napatan-Meroitic Civilization. Leiden: BRILL. p. 132. ISBN 90-04-10448-8.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search