2de Dinastie van Egipte

Die name van die farao's van die 2de Dinastie op verskillende koningslyste.

Die 2de Dinastie (ook Dinastie II geskryf) was die tweede van die dinastieë van Antieke Egipte wat as die Vroegdinastiese Tydperk bekend staan. Dit het geduur van omstreeks 2890 tot 2686 v.C.[1] Die mag van dié tydperk was in Thinis.

Hoewel argeologiese bewyse uit die 2de Dinastie baie skaars is, dui verskille tussen die 1ste en die 3de Dinastie daarop dat daar belangrike institusionele en ekonomiese ontwikkelings moes plaasgevind het.[2]

  1. Shaw, Ian. The Oxford History of Ancient Egypt, 2000. Oxford University Press. isbn=0-19-815034-2
  2. Romer, John. A History of Ancient Egypt, vol. 1, 2013. Penguin Books. Londen. isbn= 978-1-8-4614377-9

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search