33ste Oscar-toekenningsaand

  33ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 17 April 1961
Plek Santa Monica-burgerouditorium,
Santa Monica, Kalifornië
Aanbieder Bob Hope
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Apartment
Meeste pryse  The Apartment (5)
Meeste benoemings  The Apartment (10)

Die 33ste Oscar-toekenningsaand is op 17 April 1961 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1960.

The Apartment was die laaste swart-wit prent wat die Oscar vir beste rolprent ontvang het terwyl swart-wit films nog algemeen was, en die laaste tot in 1994 toe Schindler's List gewen het.

Gary Cooper was te siek om die seremonie by te woon en sy vriend James Stewart het die ereprys namens hom ontvang. Stewart se emosionele toespraak het daarop gedui dat iets ernstigs fout is en die volgende dag het koerante aangekondig Cooper het kanker. Hy is ’n maand later, op 13 Mei 1961, ses dae ná sy 60ste verjaarsdag, oorlede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search