91ste Oscar-toekenningsaand

  91ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 24 Februarie 2019
Plek Dolby-teater, Hollywood
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Green Book
Beste regisseur  Alfonso Cuarón
Beste akteur  Rami Malek
Beste aktrise  Olivia Colman
Meeste pryse  Bohemian Rhapsody (4)
Meeste benoemings  The Favourite en Roma (10)

Die 91ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2019 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2018. Dit was die eerste Oscar-seremonie in drie dekades wat nie ’n aanbieder gehad het nie; die laaste keer dat dit gebeur het, was in 1989.

Bohemian Rhapsody het die meeste pryse, vier, gewen. Dit sluit in die prys vir beste akteur vir Rami Malek se vertolking van Freddie Mercury. Green Book het drie pryse gewen, insluitende vir beste rolprent. Roma en Black Panther het elk ook drie Oscars gewen. Eersgenoemde het die prys vir beste regisseur gewen vir Alfonso Cuarón; dit was die eerste Mexikaanse inskrywing wat die Oscar vir beste buitelandse rolprent wen. Olivia Colman het die Oscar vir beste aktrise gewen vir haar vertolking van koningin Anna van Groot-Brittanje in The Favourite.[1]

  1. "Oscars 2019: Green Book wins best picture as Rami Malek and Olivia Colman reign – as it happened". The Guardian (in Engels). 24 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 26 Februarie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search