95 stellings

Martin Luther by sy 95 stellings, een van etlike kunstenaars-voorstellings
Die eerste 25 van die 95 stellings in Latyn, wat in 1522 deur Melchior Lotter in Wittenberg gedruk is

Die 95 stellings is 'n lys van stellings wat in 1517 deur Martin Luther, professor van morele teologie aan die Universiteit van Wittenberg in Duitsland, geskryf is. Luther het op 31 Oktober 1517, 'n dag voor die Feesdag van Allerheilige, die 95 stellings teen een of meer kerkdeure in Wittenberg vasgespyker, en hierdie datum word gesien as die begin van die Protestantse Hervorming. Die 95 stellings het die Rooms-Katolieke leer oor saligheid in etlike verklarings weerlê, en Luther het dit gestaaf met redenasies en die aanhaal van bybeltekste. Die dokument, wat in Latyn opgestel is, was 'n uitnodiging tot 'n debat onder sy mede-akademici, getiteld Redestryd oor die Krag en Doeltreffendheid van Aflate. Hierdie debat het blykbaar nooit plaasgevind nie, omdat die stellings gou in die volkstaal, Duits, vertaal en versprei is, sodat die omstreke in beroering gekom het.[1] Teen jaareinde het Caspar Nützel reeds gedrukte Duitstalige kopieë van die stellings uit Leipzig, Neurenberg, Basel en moontlik Augsburg versprei.[2]

  1. Redakteurs van ChristianHistory.net (3 Mei 2011). "What did Luther actually say in the 95 Theses that sparked the Protestant Reformation?". Christian Bible Studies (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017. Besoek op 29 Mei 2017.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named oxf

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search