9de Dinastie van Egipte

Die 9de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie IX geskryf) het geheers tydens ’n verwarrende periode bekend as die Eerste Oorgangstydperk. Dié tydperk het van die 7de tot die einde van die 10de Dinastie (of die 11de Dinastie in Thebe) geduur.

Die 9de en die 10de Dinastie het van omstreeks 2160 tot 2025 v.C. geduur.[1] Die dinastie is taamlik obskuur. Die oorname van die bewind van die 8ste Dinastie deur die leiers van Herakleopolis Magna was gewelddadig, en Manetho beskryf die stigter van die dinastie as "verskrikliker as sy voorgangers", wat bose dinge vir dié in die hele Egipte bewerkstellig het".

  1. Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 480. ISBN 0-19-815034-2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search