ABC-eilande

ABC-eilande
Inheemse naam: ABC-eilanden, Islanan ABC
Willemstad op Curaçao
Willemstad op Curaçao
Geografie

Ligging Karibiese See
Koördinate 19°09′N 70°40′W / 19.150°N 70.667°W / 19.150; -70.667
Argipel Klein Antille
Totale eilande 3
Hoofeilande Aruba, Bonaire, Curaçao
Oppervlakte 931 vk km
Hoogste punt Hooiberg 168 m
Administrasie
Vlag van Nederland Nederland

Grootste stad Willemstad (140 000)

Demografie
Bevolking 258 949

Ligging van die ABC-eilande in die Karibiese See
Kaart van die ABC-eilande

Die ABC-eilande (Nederlands: ABC-eilanden, Engels: ABC Islands, Papiaments: Islanan ABC) is 'n versamelnaam vir die Nederlandse eilande Aruba, Bonaire en Curaçao. Aruba en Curaçao is saam met Sint Maarten outonome lande in die Koninkryk der Nederlande, terwyl Bonaire tot Karibies Nederland behoort. Die ABC-eilande is in die suide van die Karibiese See net noord van die kus van Venezuela geleë.

Aruba het op 1 Januarie 1986 'n outonome land in die Koninkryk der Nederlande geword en die eilande Bonaire en Curaçao het tot 2010 deel van die Nederlandse Antille uitgemaak. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die geldeenheid op Bonaire.[1]

Vlag Landdeel Bevolking Oppervlakte Bevolkingsdigtheid Geldeenheid
Vlag van Aruba Aruba 100 018 (2007)[2] 193 km² 518 /km² Arubaanse floryn (AWG)
Vlag van Bonaire Bonaire 13 389 (2010)[3] 288 km² 46 /km² Amerikaanse dollar ($) USD
Vlag van Curaçao Curaçao 142 180 (2010)[3] 444 km² 317 /km² Antilliese gulden (ANG)
  1. (nl) De Nederlandsche Bank - Bonaire, Sint Eustatius, Saba Geargiveer 25 Desember 2010 op Wayback Machine
  2. (en) CIA World Factbook 2007 - Aruba Geargiveer 4 Junie 2011 op Wayback Machine
  3. 3,0 3,1 (en) Central Bureau of Statistics Netherlands Antilles Geargiveer 1 Mei 2010 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search