Aardos (astrologie)

己丑

Die Aardos (己丑, jǐchǒu) is die 26ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sesde Hemelstam (己, ; die element Aarde en Jin) met die tweede Aardtak (丑, chǒu), gesimboliseer deur die Os (牛, niú).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardosjaar het in 2009 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 26 Januarie 2009 tot 13 Februarie 2010.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search