Aardperd (astrologie)

戊午

Die Aardperd (戊午, wùwǔ) is die 55ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vyfde Hemelstam (戊, ; die element Aarde en Jang) met die sewende Aardtak (午, ), gesimboliseer deur die Perd (馬, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardperdjaar het in 1978 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 7 Februarie 1978 tot 27 Januarie 1979.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search