Aardslang (astrologie)

己巳

Die Aardslang (己巳, jǐsì) is die sesde jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sesde Hemelstam (己, ; die element Aarde en Jin) met die sesde Aardtak (巳, ), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardslangjaar het in 1989 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 6 Februarie 1989 tot 26 Januarie 1990.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search