Aardtier (astrologie)

戊寅

Die Aardtier (戊寅, wùyín) is die 15de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vyfde Hemelstam (戊, bǐng; die element Aarde en Jang) met die derde Aardtak (寅, yín), gesimboliseer deur die Tier (虎, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardtierjaar het in 1998 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 28 Januarie 1998 tot 15 Februarie 1999.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search