Abell-katalogus

Oorsigtelike opname van die swerm Abell 2218, soos deur die Hubble-ruimteteleskoop waargeneem.

Die Abell-katalogus is ’n katalogus van 4 073 ryk sterrestelselswerms in die hele lugruim met ’n nominale rooiverskuiwing van z <= 0,2. Dit is ’n hersiene weergawe van George Abell se oorspronklike Noordelike Opname van 1958, wat net 2 712 swerms bevat het. Nog 1 361 swerms in die suidelike deel van die lugruim – die Suidelike Opname van 1989 – is bygevoeg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search