Adige

Adige/Etsch
Die Adige in Verona, Italië.
Die Adige in Verona, Italië.
Die Adige in Verona, Italië.

Die stroomgebied van die Adige.

Oorsprong naby die Reschenpas, Graun im Vinschgau, Suid-Tirol, Italië
Alpe
Monding suid van Venesië, Italië
Adriatiese See (Middellandse See)
Stroomgebied Italië
Lengte 410 km (250 myl)
Oorspronghoogte 1 520 m (4 990 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 235 m³/s (8 300 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 12 100 km² (4 700 myl²)
Kaart van die Adige-bekken in Noord-Italië.
Kaart van die Adige-bekken in Noord-Italië.

Die Adige (Italiaans: [ˈaːdidʒe]; Duits: Etsch, [ɛtʃ]; Venesiaans: Àdexe; Romansch: Adisch, ; Ladinies: Adesc; Latyn: Athesis; Antieke Grieks: Ἄθεσις) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Italië. Die rivier, met 'n lengte van 410 km, is die tweede langste rivier in Italië na die Po, asook die langste rivier van die Italiaanse outonome provinsie Suid-Tirol in die outonome gewes Trentino-Suid-Tirol.

Die Adige in Verona, Italië

Die Adige ontspring in die Alpe naby die Reschenpas by Graun im Vinschgau in die outonome gebied Suid-Tirol van Italië. Die Reschenpas vorm die waterskeiding tussen die Middellandse See en die Swartsee en behoort sedert die Eerste Wêreldoorlog tot die grens tussen Italië en Oostenryk. Net noord van dié pas vloei die Inn. Aansluitend vloei die Adige in 'n suidelike rigting deur die stede Bolzano en Trient, voordat hy net wes van Verona in 'n oostelike rigting omslaan en net noord van die Po in 'n oostelike rigting vloei. Net suid van Venesië mond die rivier in die Adriatiese See (Middellandse See) uit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search