AfriForum

AfriForum
Tipe Sonder winsbejag
Gestig 7 September 2006 in Pretoria, Gauteng
Hoofkantoor Centurion, GautengSuid-Afrika
SleutelpersoneKallie Kriel
Ernst Roets
Alana Bailey
DiensteBeskerming van Burgerregte
MoedermaatskappySolidariteit
Webwerfafriforum.co.za
'n AfriForum-betoging in Pretoria oor die vernietiging van die Groot Trek-gedenkplaat in Standerton.

AfriForum, ’n onafhanklike inisiatief van die vakbond Solidariteit, is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat daarna streef om wat die organisasie beskou as die aktiewe en passiewe onttrekking van minderhede uit die openbare sake van Suid-Afrika teen te werk, en maak daarop aanspraak om minderhede in Suid-Afrika op ’n openbare forum te verteenwoordig.

AfriForum se manifes stel dit so: “Ons – die opstellers en ondersteuners van hierdie manifes – oefen die doelbewuste keuse uit om sinvol as Afrikaners voort te bestaan, met ons diepgewortelde basis aan die suidpunt van Afrika.

AfriForum stuur veldtogte van stapel om burgerregte – soos in die Suid-Afrikaanse Grondwet en in internasionale konvensies oor die kollektiewe regte van minderheidsgemeenskappe omskryf – te beskerm en uit te bou.  Spesifieke sake waaroor AfriForum hul kommer uitgespreek het, sluit onder meer in die politieke inmenging deur die regering in privaat areas, asook rasgedrewe beleide en meertaligheid. Ander fokusareas sluit in misdaad, plaasmoorde en die ondeurdagte pleknaamveranderinge, asook onderwys en burgerregte.[1] AfriForum het teen Januarie 2022 'n aktiewe ledetal van meer as 295 000 betalende lede gehad.[2] Kallie Kriel is die uitvoerende hoof van AfriForum.

  1. AfriForum Civil Rights Manifest. http://www.afriforum.co.za/english/about/civil-rights-manifest/ Geargiveer 23 Mei 2013 op Wayback Machine
  2. https://twitter.com/kalliekriel/status/1184410337732378624

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search