Afsluitdyk

Afsluitdyk (2016)
Satellietfoto van die Afsluitdyk

Die Afsluitdyk (Nederlands: Afsluitdijk) is 'n dyk in Nederland wat sedert 1932 die Ysselmeer (die voormalige Suidersee) van die Waddesee afsluit. Dit loop van Den Oever op die voormalige eiland Wieringen na die Friese dorpie Zurich. Die dyk is 30 kilometer lank en so 90 meter breed, en is deel van die Suiderseewerke, ontwerp deur Cornelis Lely.

Hoewel daar planne was om 'n spoorweg en 'n pad oor die dyk te laat loop, is die ruimte wat by die spuisluise gereserveer is vir die spoortrajek, gebruik om die pad te verdubbel om 'n snelweg -- A7 of E22 -- te vorm.

Die woord "dyk" beteken 'n skeiding tussen land en water. Die benaming sou korrek wees in die geval as die hele IJsselmeer drooggelê was. As gevolg van 'n verandering aan die planne, het dit egter nie gebeur nie en die "dyk" het inderdaad 'n damwal geword: 'n skeiding tussen twee watermassas. Alhoewel die korrekte woord vir die struktuur 'n afsluitdam is, het die oorspronklike naam bly voortleef.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search