Agatha Christie

Agatha Mary Clarissa Christie
Gebore
Agatha Mary Clarissa Miller

15 September 1890
Torquay, Devon, Engeland
Sterf12 Januarie 1976 (op 85)
Wallingford, Oxfordshire, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepRomanskrywer, kortverhaalskrywer, dramaturg en digter
Bekend virSkepping van karakters soos Hercule Poirot en Mej. (Jane) Marple
EggenootArchibald Christie (1914–1928, geskei)
Max Mallowan (1930–1976, haar dood)
KindersRosalind Hicks (1919–2004)
Webwerfwww.agathachristie.com
Handtekening

Agatha Christie (15 September 189012 Januarie 1976) was ’n Britse skryfster, bekend vir talle gewilde romans oor moorde en die speurders wat dit oplos.

Sy was een van die wêreld se bekendste speurverhaalskryfsters. 'n Beraamde vier miljard kopieë van haar novelle is verkoop, insluitend 'n beraamde miljard kopieë van vertalings uit die oorspronklike Engels in 103 ander tale.[1] Sy is net deur die Bybel en Shakespeare uitverkoop.

Haar bekendste karakters is Miss Marple en Hercule Poirot. Twee van haar bekendste boeke, wat albei verfilm is, is Murder on the Orient Express en Death on the Nile.[2]

  1. "Die Agatha Christie-webwerf". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2006. Besoek op 18 Maart 2007.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search