Agulhasstroom

Kaart van die Agulhasstroom (in oranje).

Die Agulhasstroom vloei aan die ooskus van Suid-Afrika verby in 'n suidwestelike rigting. Die stroom het sy oorsprong op die ewenaar as die Mosambiekstroom, vloei suidwaarts deur die Mosambiekkanaal waar dit net noord van Durban aansluit by die Oos-Madagaskarstroom om die Agulhasstroom te vorm. Hiervandaan vloei dit na die Agulhasbank. Tussen Port St. Johns en Oos-Londen is die stroom ongeveer 5 tot 10 km vanaf die kus.

Die seestroom is warm (23 – 26 °C) en vloei teen 'n spoed van 5 knope. Die stroom is 100 km breed en 3 000 m diep en lewer water teen 'n tempo van 70 miljoen m3 water per sekonde aan die Agulhasbank. Wanneer die stroom verby die Agulhasbank is, swaai dit eers suidwaarts en later ooswaarts terug na die suidwes Indiese Oseaan en staan dan bekend as die Agulhasterugkeerstroom.

Daar is reeds 1 373 verskillende visspesies uit 225 families in die stroom aangeteken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search