Akershus

Wapen van Akershus

Akershus (['akershy:s], afgelei van Oudnoors: akr, akker, en hús, kasteel) is 'n Noorse provinsie (fylke) wat aan Hedmark, Oppland, Buskerud, Oslo en Østfold grens. Die provinsie bestaan uit twee afsonderlike gedeeltes. Ná Oslo is Akershus die tweede grootste provinsie volgens bevolking, met omtrent 'n halfmiljoen inwoners.

Land- en bosbou speel nog steeds 'n beduidende rol in die plaaslike ekonomie. Sowat die helfte van Akershus se mannekrag is nogtans in Oslo werksaam.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search