Akropolis van Athene

Akropolis van Athene*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Uitsig oor die Akropolis van Athene
Ligging van Akropolis van Athene op 'n kaart (Griekeland)
Akropolis van Athene
Akropolis van Athene
Ligging van die Akropolis van Athene in Griekeland
Koördinate: 37°58′17″N 23°43′35″O / 37.97139°N 23.72639°O / 37.97139; 23.72639
Lande Vlag van Griekeland Griekeland
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv, vi
Verwysings 404
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1987  (11de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Akropolis van Athene (Grieks: Ακρόπολη Αθηνών) is die mees bekende akropolis (Gr. akros, akron,[1] rand, ekstreem + polis, stad, meerv. acropoleis) in die wêreld. Alhoewel daar etlike ander akropoleis in Griekeland aangetref word, is die belang van die Akropolis van Athene sodanig dat dit algemeen bekend staan as Die Akropolis sonder kwalifikasie.

Op 26 Maart 2007 is die Akropolis amptelik verklaar as die vooraanstaande monument op die Europese lys van kultuurhistoriese monumente.[2] Die Akropolis is geleë op 'n afgeplatte rots wat 150m uitstyg bo seevlak in die stad Athene, en beslaan 'n oppervlak van ongeveer 3 hektaar. Dit was ook bekend as 'n Kekropia, vernoem na die legendariese slang-man, Kekrops, die eerste Atheense koning. Die Akropolis van Athene is in 1987 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.


Teen die einde van die 5de eeu v.C. was Athene die mooiste stad ter wêreld. Hierdie stad, wat al in die prehistoriese dae van die Bronstydperk sy ontstaan gehad het en volgens oorlewering deur 'n sekere koning Kekrops gestig is, is vernoem na Pallas Athena die skutgodin van die stad. Aanvanklik was Athene nie 'n baie ryk of belangrike stad nie maar met die uitbreiding van die handel het dit geleidelik gegroei.

Die eerste mooi geboue is teen die einde van die 6de eeu v.C. onder die regering van die tiran Peisistratos en sy seuns opgerig. In die jaar 480 v.C. is Athene deur die Persiese leër onder koning Xerxes ingeneem en tot op die grond afgebrand; maar toe die Perse eenmaal verslaan en verdryf was, het die Atheners onder leiding van Perikles besluit om al die tempels en openbare geboue met nuwe prag te herbou. Met die hulp van beroemde argitekte en beeldhouers is die stad verfraai, en het dit die trots van Griekeland en die wonder van die destydse wêreld geword.

  1. acro-. (geen datum). In Grieks beteken akropolis "hoogste stad". The American Heritage Dictionary of the English Language, Vierde uitgawe. Nageslaan 29 Sept 2008, uit Dictionary.com webblad: Aanhaling: "[Van Griekse akros, ekstreem; kyk "ak-" in Indo-Europese wortels.] "
  2. Acropolis proclaimed top European Cultural Heritage Monument (Xinhua) - in Engels

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search