Aksiale presessie

Die presessiebeweging van die Aarde. Die Aarde roteer (wit pyle) een keer per dag om sy rotasie-as (rooi). Hierdie as roteer self stadigaan (wit sirkel) en voltooi een kringloop elke sowat 26 000 jaar.
Die presessie-siklus van byna 26 000 jaar soos gesien vanaf ’n punt naby die Aarde. Die huidige noordelike poolster is Polaris (bo). Oor sowat 8 000 jaar sal dit die helder ster Deneb (links) wees, en oor sowat 12 000 jaar Vega (middel links). (Die Aarde se rotasie is nie volgens skaal nie.)

Aksiale presessie, meestal net presessie genoem, is ’n stadige en onafgebroke verandering in die oriëntasie van ’n hemelliggaam se rotasie-as wat deur swaartekrag veroorsaak word. Dit verwys veral na die geleidelike verskuiwing in die oriëntasie van die Aarde se rotasie-as, wat soos dié van ’n slingerende tol verskuif en ’n kringloop in sowat 26 000 jaar voltooi.[1] So ’n tydperk word in die sterrekunde ’n "Groot Jaar" genoem.

  1. Hohenkerk, C.Y., Yallop, B.D., Smith, C.A., & Sinclair, A.T. "Celestial Reference Systems" in Seidelmann, P.K. (red.) Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac. Sausalito: University Science Books. bl. 99.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search