Al-Masdjid an-Nabawi

Al-Masdjid an-Nabawi
Ligging  Medina, Saoedi-Arabië
Voltooi  c. 622
Status  Aktief
Spesifikasies 
Minaret(te)  10
Minarethoogte  104 m
Kapasiteit  600 000
Styl  Islamities, Ottomaans

Al-Masdjid an-Nabawi (Arabies: المسجد النبوي, Moskee van die Profeet) is ’n moskee in Medina, Saoedi-Arabië, wat gebou is deur die profeet Mohammed. Dit is die tweede moskee in die geskiedenis van Islam (naas die Kaäba) en is nou een van die grootstes in die wêreld. Dit is die tweede heiligste plek in Islam naas Al-Masdjid al-Haram in Mekka.[1] Die moskee is permanent oop.

Die terrein was oorspronklik langs Mohammed se huis; hy het hom daar gevestig ná sy emigrasie na Medina in 622 n.C. Hy het help bou aan die moskee, wat aanvanklik ’n opeluggebou was. Dit het gedien as ’n gemeenskapsentrum, hof en godsdiensskool. Daar was ’n platform vir mense wat die Koran aan ander geleer het. Islamitiese heersers het dit sedertdien grootliks uitgebrei en versier. In 1909 was dit die eerste plek op die Arabiese Skiereiland wat van elektriese ligte voorsien is.[2]

  1. Trofimov, Yaroslav (2008), The Siege of Mecca: The 1979 Uprising at Islam's Holiest Shrine, New York, p. 79, ISBN 0-307-47290-6 
  2. "The History of Electrical lights in the Arabian Peninsula". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2015. Besoek op 23 September 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search