Alba Bouwer

Alba Bouwer
Gebore
Albertha Magdalena Bouwer

16 Maart 1920
Sterf5 Oktober 2010
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSkrywer, joernalis
Bekend virKinderboeke
EggenootHubert Coetzee (oorlede 1969); Jan Hofmeyr

Alberta Magdalena Bouwer (16 Maart 1920 – 5 Oktober 2010) was ’n Afrikaanse kinderboekskryfster, joernalis en maatskaplike werkster in die tweede helfte van die 20ste eeu. Verskeie van haar boeke het die plaaslewe as agtergrond. Sy was veral bekend vir haar stories van Rivierplaas en Bergplaas. In 1959 en 1965 ontvang sy die Scheepersprys vir Jeugliteratuur; in 1961, 1971 en 1982–1983 die C.P. Hoogenhoutprys; en in 1984 die MER-prys vir Jeugliteratuur. Sy het ook ook onder die skuilnaam Magriet Coetzee geskryf.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search