Alexander-eiland

Alexander-eiland
Nasa-Satellietbeeld van Alexander-eiland
Nasa-Satellietbeeld van Alexander-eiland
Geografie

Ligging Antarktiese Skiereiland, Suidelike Oseaan
Koördinate 71°00′S 70°00′W / 71.000°S 70.000°W / -71.000; -70.000

Oppervlakte 49 070 vk km
Hoogste punt Berg Stephenson 2 987 m
Administrasie
Sien teks.

Die wêreld se 28ste grootste eiland en grootste eiland van Antarktika

Alexander-eiland of Alexander I-Eiland, die wêreld se 28ste grootste eiland en die grootste eiland van Antarktika, beslaan 'n oppervlakte van 49 070 km². Die eiland is in die Bellingshausensee van die Suidelike Oseaan net wes van die Antarktiese Skiereiland geleë en word deur die George VI-sund van die skiereiland geskei. Dit is die tweede grootste eiland na Devon-eiland, wat nie bewoon is nie en volledig met ys bedek.

Alexander-eiland is in 1821 deur die Russiese ontdekkingsreisiger Fabian Gottlieb von Bellingshausen ontdek en ná Aleksander I, die destydse keiser van Rusland, genoem. Tot in 1940 is vermoed, dat die eiland deel uitmaak van die Antarktiese vasteland, en dus Alexander-land genoem.

Alexander-eiland word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika), Chili (Antártica Chilena) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) geëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die eiland soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktiese Verdrag.

Alexander-eiland omring gedeeltelik Wilkins Sound, wat in die weste daarvan lê. Die eiland is ongeveer 390 kilometer lank in 'n noord-suid-rigting, 80 kilometer wyd in die noorde, en 240 kilometer breed in die suide.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search