Alexander Mackenzie (ontdekkingsreisiger)

Alexander Mackenzie
Alexander Mackenzie. Skildery deur Thomas Lawrence, omstreeks 1800. Nasionale Galery van Kanada
Gebore1764
Sterf12 Maart 1820
Mulinearn naby Dunkeld, Skotland, Verenigde Koninkryk
NasionaliteitVlag van Skotland Skotland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepOntdekkingsreisiger, pelshandelaar, skrywer
Bekend virdie ontdekking van die Mackenzierivier, Fraserrivier en Peacerivier (onder andere)
TitelSir
EggenootGeddes Mackenzie
Handtekening

Sir Alexander Mackenzie (of MacKenzie, in Skots-Gaelies: Alasdair MacCoinnich, * 1764; † 12 Maart 1820) was 'n Skotse pelshandelaar en ontdekkingsreisiger wat as eerste Europeër die ganse breedte van die Noord-Amerikaanse vasteland noord van Meksiko van oos na wes deurkruis en in 1793 die Stille Oseaan bereik het. Met sy ontdekkingsreis in die gebied van die huidige Kanada het Mackenzie die ekspedisie van Lewis en Clark met tien jaar voorgespring.

Die Kanadese pelshandel het van Alexander Mackenzie 'n welvarende man gemaak. In 1799 het hy na die Verenigde Koninkryk teruggekeer om 'n boek oor sy ontdekkingsreise te publiseer. Sy reisjoernaal het vinnig 'n blitsverkoper geword wat ook in Frans, Duits en Russies vertaal is. Mackenzie is op 27 Februarie 1802 tot die ridderstand verhef om Sir Alexander Mackenzie te word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search