Alpha Centauri

Alpha Centauri AB
Die posisie van Alpha Centauri A en Alpha Centauri B, met Proxima Centauri in 'n rooi sirkel (vergroot foto om die rooi sirkel te sien).
Die posisie van Alpha Centauri A en Alpha Centauri B, met Proxima Centauri in 'n rooi sirkel (vergroot foto om die rooi sirkel te sien).
Sterrebeeld Sentour
Spektraaltipe G2V / K1V
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming A / B: 14h 39m 36,4951s /
14h 39m 35,0803s
Deklinasie −60° 50′ 02,308″ / −60° 50′ 13,761″
Skynmagnitude (m) -0,01 / 1,33
B-V-kleurindeks  0,88[1]
U-B-kleurindeks  0,68[1]
Besonderhede
Massa (M) 1,1 / 0,907
Radius (R) 1,2227 / 0,865
Ligsterkte (L) 1,519 / 0,5
Ouderdom (jaar) 6 miljard
Temperatuur (K) 5 790 / 5 260
Afstand (ligjaar) 4,366
Eienskappe
Veelvoudigheid Drievoudige stelsel saam met Proxima Centauri
Ander name
AB: Rigil Kentaurus, Rigil Kent, Toliman, Bungula, FK5 538, CP(D)−60°5483, GC 19728, CCDM J14396-6050
A:α1 Centauri, GJ 559 A, HR 5459, HD 128620, GCTP 3309.00, LHS 50, SAO 252838, HIP 71683
B: α2 Centauri, GJ 559 B, HR 5460, HD 128621, LHS 51, HIP 71681
C: Proxima Centauri, α Cen C, LHS 49, HIP 70890
Die ligging van

Die posisie van Alpha Centauri in die sterrebeeld Sentour.

Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alpha Centauri (afgekort as Alpha Cen of α Cen) is die naaste stelsel van sterre en eksoplanete aan die Sonnestelsel. Die stelsel van drie sterre wat deur hulle swaartekrag verbind word, is sowat 4,37 ligjare (1,34 parsek) van hier en lê in die suidelike sterrebeeld Sentour (Centaurus). Die drie sterre is α Centauri A (amptelik Rigil Kentaurus),[2] α Centauri B (amptelik Toliman)[2] en die naaste ster, α Centauri C (amptelik Proxima Centauri).[2]

Alpha Centauri A en B is songroottesterre, onderskeidelik 'n G-tipe en K-tipe hoofreeksster, en saam vorm hulle die dubbelster Alpha Centauri AB. Met die blote oog lyk die twee hoofkomponente soos 'n enkele ster met 'n skynbare magnitude van -0,27 – dit is die helderste ster in Sentour en derde helderste ster aan die naghemel (naas Sirius en Canopus).

Eersgenoemde het ’n massa en ligsterkte van onderskeidelik 110% en 151,9% van die Son s’n en laasgenoemde onderskeidelik 90,7% en 44,5%. Tydens die twee sterre se wentelbaan om hulle massamiddelpunt, wissel die afstand tussen hulle van omtrent die afstand tussen die Son en Pluto tot die afstand tussen die Son en Saturnus.

Alpha Centauri C, of Proxima Centauri, is 'n dowwe rooidwerg (M-tipe). Hoewel dit nie met die blote oog gesien kan word nie, is dit die naaste ster aan die Son op 'n afstand van 4,24 ligjare (1,3 parsek). Dit is sowat 0,21 ligjare (0,06 parsek) van Alpha Centauri AB af[3] (sowat 430 keer die radius van Neptunus se wentelbaan).

Proxima Centauri het drie bekende planete: Proxima b, 'n aardgrootte-eksoplaneet in die bewoonbare sone wat in 2016 ontdek is; Proxima c, 'n Superaarde 1,5 AE van die ster af wat moontlik 'n groot ringstelsel het en wat in 2019 ontdek is; en Proxima d, 'n kandidaat-subaarde wat baie naby aan die ster is en waarvan die ontdekking in 2022 aangekondig is.

Alpha Centauri A het moontlik 'n planeet so groot as Neptunus in die bewoonbare sone, maar dit is nog nie as 'n planeet bevestig nie. Alpha Centauri B het geen bekende planete nie: Planeet Bb, wat na berig is in 2012 ontdek is, was 'n vals alarm.

  1. 1,0 1,1 Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Naming Stars". IAU.org. Besoek op 16 Desember 2017.
  3. Kervella, P.; Thévenin, F.; Lovis, C. (Januarie 2017). "Proxima's orbit around α Centauri". Astronomy & Astrophysics. 598. L7. arXiv:1611.03495. Bibcode:2017A&A...598L...7K. doi:10.1051/0004-6361/201629930. S2CID 50867264.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search