Amandel

Amandel
Amandelboom met rypwordende vrugte
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Subgenus:
Spesie:
P. dulcis
Binomiale naam
Prunus dulcis
(Mill.) D.A.Webb
Rou amandels

Amandels is die steenvrugte en sade van die amandelboom (Prunus dulcis) en is 'n gewilde neut wat gebruik word in die voorbereiding van voedsel of as versnappering. Amandels word ook as 'n bestanddeel in kosmetiese produkte gebruik.

'n Beraamde 80% van alle amandels is afkomstig van Kalifornië. Spanje het ook 'n groot amandelproduksie wat konsentreer op die soet Jordan- en Valencia-amandels.

Amandels is 'n goeie bron van vitamien E en bevat ongeveer 70% mono-onversadigde vetsuur en 30% versadigde vetsuur. Amandels bevat ook blousuur (waterstofsianied). Die bitterheid van 'n amandel is 'n teken van die hoeveelheid blousuur wat dit bevat: hoe bitterder die smaak, hoe giftiger is die amandel. Newe-effekte as gevolg van 'n oormatige inname van amandels (tussen 40 en 70 bitter amandels per persoon) sluit in: opwinding, hoofpyn, duiseligheid, spiersametrekkings, asemhalingsprobleme en selfs 'n skielike dood.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search