Amaryllidaceae

Amaryllidaceae
Amaryllis belladonna
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Amaryllidaceae

Burnett
Subfamilies
  • Agapanthoideae
  • Allioideae
  • Amaryllidoideae

Die Amaryllidaceae of narsingleliefamilie[1] is ’n familie kruidagtige, hoofsaaklik meerjarige blombolplante, wat deel is van die eensaadlobbige orde Asparagales. Die familie se naam kom van die genus Amaryllis, vandaar die sinoniem amarillisfamilie.[2] Die blare is gewoonlik lynvormig, die blomme tweeslagtig en simmetries, en gerangskik in bloeiskerms aan die stam.

Die familie, wat in 1805 geskep is, bevat nou sowat 1 600 spesies, wat verdeel is in 75 genera, 17 tribusse en drie subfamilies: Agapanthoideae (agapante), Allioideae (uie en grasuie) en Amaryllidoideae (narsinglelies en affodille).

Amaryllidaceae word aangetref in die tropiese en subtropiese klimaatstreke en sluit baie sierplant en groente in.

  1. Prof. dr. S.J. du Plessis (samesteller). Voorlopige Woordelys in Landbou en Bosbou. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1950.
  2. Nasionale Vakterminologiediens van die Departement van Nasionale Opvoeding. Woordeboek vir Tuinboukunde met Plantname. Die Staatsdrukker, Pretoria. 1991. ISBN 0 621 13531 3

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search