Amnion

Amnion
Inligting en eksterne bronne
Eksterne bronne
MeSH A10.615.284.277
FMA 80223
TE E6.0.1.2.0.0.9

Die amnion is 'n membraan wat die pas-gevormde embrio bedek. Dit pas aanvanklik styf om die embrio, maar word later met amniotiese vloeistof gevul, wat veroorsaak dat die amnion swel, en die amniotiese sak vorm. Die amniotiese sak, saam met die chorion, die dooiersak en die allantois, vorm 'n beskermende sak rondom die embrio. By voëls, reptiele en sommige soogdiere, is die beskermende sak ingesluit in 'n dop, maar by die meeste soogdiere ontwikkel dit in die baarmoeder.

Die woord amnion is afgelei van die Antieke Griekse ἀμνίον - "lammetjie", die verkleiningsvorm van ἀμνός - "lam".

Die amnion is 'n kenmerk van die amniota, 'n onderverdeling van die werweldiere wat die reptiele, voëls en soogdiere insluit, maar nie amfibieë en visse nie. Die amnion spruit uit die ekstra-embrioniese somatiese mesoderm aan die buitekant en die ekstra-embrioniese ektoderm aan die binnekant.[1]

  1. Pigeon, J. (1960). "Treatment of second-degree burns with amniotic membranes" (PDF). Can Med Assoc J. 83 (16): 844–845.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search