Andrea Mantegna

Andrea Mantegna
Gebore omstreeks 1431
naby Vicenza, Italië
Sterf 13 September 1506
Italië
Nasionaliteit Italiaans
Veld Skilderkuns

Andrea Mantegna, (1431, Isola di Cartura naby Vicenza, Republiek Venesië, Italië - 13 September 1506, Mantua) was ‘n skilder en gravis en die eerste Renaissance kunstenaar van Noord-Italië. Sy bekendste werk is die Camera degli Sposi (“Kamer van die Bruid en Bruidegom”), of Camera Picta (“Geverfde Kamer”) (1474) in die Palazzo Ducale van Mantua. Mantegna se ander hoofwerke sluit die Ovetari-kapel fresko’s (1448–55) in die Eremitani Kerk in Padua en die Triomf van Caesar (begin c. 1486), die hoogtepunt van sy latere styl, in.[1]

  1. "Mantegna, Andrea." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search