Andromeda-sterrestelsel

Andromeda-sterrestelsel
Die Andromeda-sterrestelsel, ook bekend as Messier 31.
Die Andromeda-sterrestelsel, ook bekend as Messier 31.
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Andromeda
Messier-naam Messier 31
Tipe SA(s)b[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 00h 22m 44,3s
Deklinasie +41º 16' 9"
Skynmagnitude 3,44
Absolute magnitude  −20
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2,54 miljoen
Skynbare grootte  190′ × 60′[1]
Aantal sterre 1 biljoen (1012)
Rooiverskuiwing  −0,001 (minus = blouverskuiwing)
Massa ~1 × 1012
Ander name NGC 224, UGC 454, PGC 2557, LEDA 2557
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Andromeda-sterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 31 en NGC 224) is 'n spiraalsterrestelsel sowat 2,5 miljoen ligjare van die Aarde af[2] in die sterrebeeld Andromeda. Dit is die naaste spiraalsterrestelsel aan ons Melkweg, maar nie die naaste sterrestelsel nie. Dit kry sy naam van die gebied waarin dit voorkom, die Andromeda-sterrebeeld, wat genoem is na 'n prinses in die Griekse mitologie.

Andromeda is die grootste sterrestelsel van die Plaaslike Groep waarin ook die Melkweg en sowat 30 ander, kleiner sterrestelsels voorkom. Dit het egter nie die grootste massa nie, aangesien in onlangse studies bevind is die Melkweg het meer donker materie en is dalk die stelsel met die grootste massa in die Plaaslike Groep.[3] Volgens waarnemings in 2006 deur die Spitzer-ruimteteleskoop bevat M31 sowat 1 biljoen (1012) sterre, minstens twee keer soveel as die Melkweg, wat na raming 200–400 miljard sterre het.[4]

Die Andromeda-sterrestelsel se massa is na raming 7,1 × 1011 sonmassas.[5] Andromeda en die Melkweg sal na verwagting binne 3,75 miljard jaar bots en saamsmelt om 'n enorme elliptiese sterrestelsel te vorm.[6]

Met 'n sigbare helderheid van 3,4 mag is Andromeda een van die helderste Messier-voorwerpe en kan dit op maanlose nagte met die blote oog gesien word, selfs al is daar effense ligbesoedeling.

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ned
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ribas2005
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named DarkMatter
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Frommert & Kronberg 2005
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karachentsevetal2006
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named milky-way-collide

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search