Anne Hidalgo

Anne Hidalgo
Anne Hidalgo
Die amptelike portretfoto wat Anne Hidalgo vir haar verkiesingsveldtog in 2014 gekies het

Burgemeester van Parys
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 April 2014
Vise Bruno Julliard
Voorafgegaan deur Bertrand Delanoë

Adjunkburgemeester van Parys
Ampstermyn
18 Maart 2001 – 5 April 2014
Voorafgegaan deur Jacques Dominati
Opgevolg deur Bruno Julliard

Persoonlike besonderhede
Gebore Ana Maria Hidalgo
19 Junie 1959 (1959-06-19)
San Fernando, Cádiz, Andalusië, Spanje
Politieke party Sosialistiese Party
Eggenoot/-note Jean-Marc Germain (sedert 2004)[1]
Kind(ers) 3
Alma mater Jean Moulin Universiteit Lyon 3
Professie Sosialistiese politikus
Handtekening

Anne Hidalgo (* 19 Junie 1959 in San Fernando naby Cádiz, Andalusië, Spanje as Ana María Hidalgo Aleu) is 'n Franse politikus en lid van die Sosialistiese Party van Frankryk (Parti socialiste). Sy het naas Franse ook Spaanse burgerskap. Met haar oorwinning in die munisipale verkiesing van 2014 het Anne Hidalgo die eerste vrou geword wat die amp van burgemeester van Parys beklee.

Anne Hidalgo is in 'n Spaanse werkersgesin gebore - haar vader was as elektrisiën werksaam, haar moeder as naaister. Die gesin het in die 1960's gedurende Francisco Franco se diktatoriese bewind uit Spanje gevlug en hulle in Lyon, Frankryk gevestig waar Anne saam met haar ouer suster grootgemaak is. Sy het Frans vinnig aangeleer en op die ouderdom van veertien Franse burgerskap aanvaar. Ná 'n suksesvolle skoolloopbaan het sy in arbeidsreg gestudeer en was voor haar politieke loopbaan onder meer as werksinspekteur werksaam.

  1. (en) Jérôme Bonnet, 'To be Mayor is to work 24 hours a day', FT Weekend Magazine (Financial Times bylaag), 28 Februarie/1 Maart 2015, bl. 18-21

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search