Annie Botha

'n Skildery van Annie Botha in Botha-huis, KwaZulu-Natal.

Annie Frances Bland Botha (gebore Emmett, Swellendam, Kaapkolonie, 3 Julie 1864Sezela, Natalse suidkus, 20 Mei 1937)[1] was ’n vroueleidster en Suid-Afrika se eerste premiersvrou van Uniewording tot haar man, genl. Louis Botha, se afsterwe op 27 Augustus 1919. T.C. Pienaar skryf in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek: "As eggenote van 'n vooraanstaande openbare figuur het (Annie Botha) 'n interessante tydperk in ons geskiedenis deurleef. Sy en haar man verteenwoordig 'n nuwe geslag Afrikaners in politieke kringe en hulle het daarin geslaag om die eenvoudigste boer en die vernaamste besoeker in die Botha-woning tuis te laat voel. Deur die stigting van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie het sy 'n aansienlike bydrae gelewer tot volksopheffing en die nasionale behoud van die Afrikaner."

  1. "Annie Frances Bland Emmett". geni.com. Geni. A MyHeritage Company. 23 April 2023. Besoek op 28 Mei 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search