Antarktiese Skiereiland

Nasa-Satellietbeeld van die Antarktiese Skiereiland
Ligging van die Antarktiese Skiereiland in Antarktika
Kaart van die Antarktiese Skiereiland

Die Antarktiese Skiereiland is die noordelikste deel van die kontinent Antarktika en dié deel van die kontinent, wat vir sy grootste deel oor die suidelike Poolsirkel uitsteek. Die skiereiland het 'n lengte van sowat 1 200 km en is in die Westelike Halfrond teenoor Suid-Amerika geleë, waarvan dit deur die Drakedeurgang geskei word. Net noord van die skiereiland is die eilandgroep Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande en net wes die Alexander-eiland, die grootste eiland van Antarktika, geleë. Die Antarktiese Skiereiland grens in die weste aan die Bellingshausensee, in die noorde aan die Scotiasee en in die ooste aan die Weddellsee, almal seë van die Suidelike Oseaan.

Die Antarktiese Skiereiland is baie bergagtig met hoogtes van tot 2 800 m, wat as voortsetting van die Suid-Amerikaanse Andes beskou word. Weens die skiereiland se matige klimaat binne Antarktika het die skiereiland en die nabygeleë eilande die hoogste konsentrasie aan navorsingstasies op die Antarktiese vasteland.

Die Antarktiese Skiereiland word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika), Chili (Antártica Chilena) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) geëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die skiereiland soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktiese Verdrag.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search